Daar is geen twyfel dat die druk op die Suid Afrikaanse boer al hoe groter word om meer effektief te werk nie.  Met grondhervorming, verhogings in insetkostes, veranderende weerpatrone asook die jaarlikse 2% groei van ons land se bevolking sal hierdie druk slegs vermeerder. Daar word bereken dat teen die jaar 2035 Suid Afrika ‘n bevolking gaan hê van ongeveer 82 miljoen mense.  Die implikasie hiervan is dat die voedsel produsering en invoere gaan verdubbel net om die land se mense te voed.  Hierdie uitdaging is so werklik dat die staat R6.2 biljoen aan die department van landbou, bosbou en vissery toegeken het om die impak van, veral die verhoging in lone, op die klein boer te help verlig.  Dit is egter nie net die klein boer wat geafekteer word nie maar as gevolg van al die bogenoemde faktore word die kommersiële boer ook hard in die bek geruk.  Dus moet daar noodgedwonge na meganisasie gekyk word as ‘n langtermyn oplossing vir effektiwiteit.

Meganisasie is goed en wel maar sonder kontrole sal dit nie ‘n effektiewe oplossing wees nie.  Die slim manier om die meeste uit landbougrond te kry met die minste insetkoste is deur te belê in presisie boerdery praktyke wat in sinergie met die maganiese aspek funksioneer.  Een van die prominentste presisie boerdery stelsels vir verhoogde effektiwiteit is sateliet navigasie.  Met behulp van ‘n navigasie stelsel kan die boer nie net sy insetkostes, soos brandstof en tyd sny nie, maar ook sy opbrengs verhoog deur meer plante per area in te kry asook dooie areas uit te skakel.  Hoe akkurater die GPS sein hoe meer effektief die plant, bemes en stroop proses wat lei tot besparing en grond optimalisering.

Trimble CenterPoint™  RTX™ is ‘n sub 4cm akkurate sein wat in middel 2011 deur Trimble die wêreld ingestuur is en is nou beskikbaar in Suid Afrika deur Ronin en hulle verspreiders.  Hierdie diens van Trimble/Ronin teiken die presisie boerdery praktyke waar ‘n akkurate sein benodig word byvoorbeeld spoorverkeer en minimum bewerking aktiwiteite.  Die Trimble® CFX-750™ skerm met ingeboude GPS aanjaer is een van Trimble se produkte wat groot nut uit CenterPoint™  RTX™ put.  CenterPoint™  RTX™ se akkuraatheid word moontlik gemaak deur die gebruik van meer as 100 Trimble Basis Stasies wêreldwyd om ‘n akkurate sein te verskaf van kleiner as 4 cm.

Die Trimble® CFX-750™ skerm is ‘n bekostigbare presisie boerdery stuk gereedskap met funksies soos outomatiese stuurstelsel aanpasbaarheid, variërende toediening van saad en kunsmis, opbrengs- en planter monitering en nog vele meer.  Dit beteken dat jou planter op ‘n drafstap in ‘n liniaal reguit lyn met presiese spasiering plant, jou kunsmis in afgemete hoeveelhede geplaas word waar dit die nodigste is of die gamak van inligting terwyl jy stroop.  Natuurlik vermenigvuldig die impak as daar meer as een implement terselfde tyd werk.

Die Trimble® CFX-750™ se data netwerking stel implemente in staat om met mekaaar te kommunikeer en tesame met CenterPoint™ RTX™ plaas dit elke lyn op die regte plek en skakel dus enige oorvleuling uitskakel binne ‘n 4cm akkuraatheid.  Dit beteken dat meervoudige voertuie saam kan werk met totale akkuraatheid.  Dit is die presisie wat die Trimble® CFX-750™  skerm u kan bied tesame met die akkuraatheid van CenterPoint™ RTX™.

Dit is natuurlik net die punt van die ysberg as dit kom by presisie boerdery. Besoek ons stalletjie in die SANTAM Agri saal tydens die NAMPO oesfees hierdie jaar en en leer meer oor presisie boerdery en wat ons stelsels u kan bied.

Ronin® en Trimble® staan saam om die toekoms van boerdery in ons land ´n blinker een te maak. Boer vooruit saam met ons.

Vir meer informasie oor ons sisteme besoek www.roninpfs.com.